Uit "Wat die hart van vol is" deur PETER BLUM [boodskap #23370] |
Thu, 27 May 1999 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Uit "Wat die hart van vol is"
Peter Blum
So lê u spore diep in my. U het my bitter
denke bekeer, my bitsig-bose tong
geleer om soet te buig, eers tot u eer,
toe ook met ander lof. 'n Duister, jong,
verstokte vasteland het u laat skitter
met kenbaarhede; heidense kontrei
het u welluidender vernoem - gedoop
in 'n nuwe taal wat oor die landkaart sprei
(waardeur ek groei, maar wat deur my ook groei)
- pleknaam tot pleknaam Kaap die Goeie Hoop.
|
|
|